Wat is Lewensbegeleiding?

Dit hang af van my behoeftes en die lewensfase waarin ek is.
Dit kan die volgende insluit:
·         Lewensafrigting (‘Life Coaching’):
Om spesifieke lewensdoelwitte te bereik
·         Berading (‘Counselling’):
Om probleme en krisisse te hanteer
·         Spirituele Begeleiding:
      Ek en my begeleier bou 'n verhouding oor 'n langer termyn. Dit gaan oor die diepte-dimensie van die lewe, oor hoe om sin te vind, innerlik te transformeer en meer heel te word

Die Waarde van Begeleiding

 

·         ‘n Veilige spasie om myself te wees en ‘n objektiewe klankbord vir lewensvrae
·         Verdieping van innerlike bewussyn (awareness) met ‘n sagte lig op die dele van my wat ek moeilik op my eie hanteer
·         Deernisvolle uitdaging tot innerlike transformasie wat uitvloei in gesonder verhoudinge met myself en ander
·         Bystand in donker tye as dit Nag voel (‘Dark Nights’). Die las word ligter
·         Ek word vryer, meer buigsaam en meer volledig mens

No comments:

Post a Comment