“Life is difficult”, begin M. Scott Peck se bekende boek “The Road Less Travelled”.


Iemand wat langs my loop op my reis en my begelei in krisistye, veranderings, lewenskeuses, verhoudings en innerlike bewuswording maak die las ligter.

My reis is uniek. Ek wil my eie pad vind. ‘n Begeleier loop nie voor my uit nie, maar langs my, en blaas die stof uit my oë, sodat ek beter kan sien. 

Die begeleidingspasie is jou spasie. Ons werk met wat jy inbring, en ek probeer jou ontmoet waar jy is.